Andre van Dyk vat voor in Winelands Senior Toernooi

Andre van Dyk van Langebaan en die Boland is die gesamentlike voorloper na die 1ste ronde van die Winelands Senior Toernooi op De Zalze. Van Dyk het 4 voeltjies gespeel in sy ronde van 70 - 2 minder as baansyfer.
Francois le Roux (De Zalze) en die voormalige SA krieketspeler en lid van Hermanus-klub Adrian Kuiper is ook goed geplaas op 74. Ander Bolanders wat stewig gespeel het in die eerste ronde is Archie Steyn (Devonvale) en George Bezuidenhout (Paarl) wat albei 75 gespeel het.

TOP20-TELLINGS:

T1 Andre van Dyk 70

T1 Garth Mc Gimpsey 70

3 Craig Kamps 71

4 Japie Koopman 72

T5 Adrian Kuiper 74

T5 Stephen Johnston 74

T5 Francois le Roux 74

T5 Tony Bailey 74

T5 Johan Marais 74

T10 Archie Steyn 75

T10 Julian Visser 75

T10 George Bezuidenhout 75

T10 Norman Phillips 75

T10 Clive Gallienne 75

T15 Brad Ross−Jones 76

T15 Giles Buchanan 76

T15 Henry Trevena 76

T15 Mark Mc Murray 76

T15 Franz Lohbauer 76

T20 Richard Bruyns 77

T20 Lennie Huxter 77

Category: