Beroepsokker-speler asook Sonskynreeks-wenners het Citrusdal Ope al gewen

Verskeie bekende gholfspelers asook die huidige afrigter van die beroepsokkerspan Bidvest Wits tel onder die wenners van die Citrusdal Ope Toernooi. Die 2019 Citrusdal Ope vind die komende naweek plaas.

Sakkie van der Westhuizen wat betrokke is as lid van die Citrusdal-klub sedert die laat sewentigjare het die volgende interessante inligting verskaf oor die wenners van die Citrusdal Ope sedert die eerste Ope in 1986 plaasgevind het.

Sakkie sê die klub het foto's (geblok) van al die wenners wat in die klubhuis vertoon word en die klub is baie trots daarop. Sakkie was vanaf die begin af betrokke by die Citrusdal Ope tot vandag nog.

Hierso is Sakkie se kommentaar oor al die wenners sedert 1986:

1986 GAVIN HUNT (beroep-sokkerspeler van Hellenic en tans afrigter van Bidvest Wits;

1989 NINO JUNIUS (hy het saam gekom met die Matie spelers as "caddy" en speel toe in iemand se plek – tans lid by Stellenbosch)

1990 EDGAR ADRIAANSE (gewese Boland bestuurslid en Pa van SAGBD se Shawn Adriaanse)

1991 EDGAR ADRIAANSE

1992 BERTUS SMIT (het professioneel begin speel as Senior toe hy 50 geword het). Broer van Ben Smit;

1993 JEAN HUGO (as 'n baie jong man)

1994 FERDI VAN DER MERWE (Dis hy wat nou nog speel ! Ferdi speel hierdie naweek weer - 25 jaar later en nou gaan hy ook senior professioneel begin speel);

1995 TOM WAGNER (Cowboy van die Kaap – het op gat nommer 4 die 4-yster teruggesit want hy was bang hy gaan oor die green)

1996 BERTUS SMIT (Die Skotsman het hom net nie laat klop nie)

1997 BERTUS SMIT (Boer van Moorreesburg !)

1998 BERTUS SMIT (Knaend !)

1999 DIRK VAN DER MERWE (Wat ‘n fantastiese gholfer - hy speel hierdie naweek weer - 20 jaar later en oppas vir hom!)

2000 FERDI VAN DER MERWE

2001 GERLO ROUX (Vredendaller - het as kind baie hier kom speel

2002 CHRISTIAAN BASSON (Doen nog goed as Sonskynreeks-speler)

2003 CHRISTIAAN BASSON

2004 JOHAN DU BUISSON (het vier keer gewen - en het ook lank op Sonskynreeks gespeel)

2005 JOHAN DU BUISSON

2006 LE ROUX FERREIRA

2007 JOHAN DU BUISSON (al vier keer wat Johan gewen het was Jacques Blaauw, 'n suksesvolle speler op Sonskynreeks, tweede)

2008 JOHAN DU BUISSON

2009 DRIKUS BRUYNS

2010 PIETER COETZEE

2011 FRANCOIS HAUGHTON

2012 CEDRIC ROOI

2013 GERHARD DU PLOOY

2014 PIERRE DE VILLIERS

2015 LOURITZ LOUBSER

2016 NESVILLE CROY

2017 TYRON DAVIDOVITZ

2018 KEELAN AFRICA

Foto: Gavin Hunt, sokkerafrigter van Wits: Foto geneem deur:

Sydney Mahlangu/BackpagePix

Category: