Boland se spel in enkels teen Grens was indrukwekkend

Die Boland-span het op dag 2 van die SA Platteland-toernooi vir Grens oortuigend met 10-2 geklop. Na die beurtspelle het die Bolanders met 2.5 -1.5 voorgeloop.
Die Bolanders het puik gholf gespeel.
In die enkels het jongeling Clement de Bruin met 4/3 gewen; Anton Pieters was met 5/4 baas, terwyl WP Botha ook geseëvier het met 5/4.
Die telling 5/4 was ‘n gewilde ene onder die Bolanders vandag want dit was ook die telling waarmee Cedric Rooi gewen het.
Jaco Pieters het mooi teruggekom en met 2 op gewen, terwyl Ryk van Schoor na ‘n taai stryd met 1 voor gewen het. Jongeling Daniel Cronje het op nommer 1 met 1 op gewen en Coenie Swanepoel het op nommer 2 sy wedstryd halveer.
Die volgende statistieke onderstreep die Bolanders se goeie spel in die enkels:
• De Bruin was gelyk aan baansyfer toe sy wedstryd klaar was;
• Anton Pieters was 1 onder baansyfer;
• Botha het gekook en het 5 voëltjies behaal en was 3 onder baansyfer
• Rooi was 1 onder baansyfer;
• Jaco Pieters was ook 1 onder baansyfer;
• Van Schoor was 2 onder baansyfer en het 4 voëltjies aangeteken.

Category: