Bolandse o.17-span toon groot belofte

Die Bolandse o.17-span het ‘n baie soliede vertoning gelewer tydens die driehoekige toernooi waaraan spanne van die WP asook Suid-Kaap deelgeneem het. O.19-spanne asook o.15-spanne van die drie provinsies was ook in aksie.
Die WP was die algehele wenner met 95 punte, gevolg deur Suid-Kaap met 80 met Boland in die derde plek op 41.
Mededinging tussen die drie provinsies was geweldig sterk in die o.17-afdeling en daar was min te kies tussen die spanne. Die Boland het 22 punte behaal, Suid-Kaap 23 en WP 27.
Ander afdelings se punte: o.19 – Suid-Kaap 36, WP 29 Boland 7; o.15: WP 39, Suid-Kaap 21, Boland 12.
In die enkels-wedstryde in die o.17-groep het Danny Wattrus, Timothy Daniels, Francois Theron en Angelo Keffers almal seges teen die WP behaal.
In die o.17-enkels teen Suid-Kaap het Alric Rooi, Daniels en Theron geseëvier, terwyl Keffers sy wedstryd halveer het.
In die o.19-enkels was Jurian Mostert die ster-speler vir Boland. Mostert het beide sy enkels gewen teen WP en Suid-Kaap.
Foto: Bolandse o.17-span wat aan toernooi deelgeneem het.

Category: