Cedric Rooi behou Malmesbury Ope-titel

Cedric Rooi van Worcester-klub het met ‘n uitstekende telling van 132 die Malmesbury Ope gewen. Rooi het ook laasjaar die toernooi gewen nadat hy vir Neswill Croy in 'n uitspeelstryd geklop het.
Rooi het ronde-tellings van 68 en 64 gespeel – uitsonderlike goeie gholf!
LB Boshoff was tweede op 134 nadat hy 67 en 67 gespeel het. Boshoff het begin met ‘n 32 oor die eerste 9 putjies.
Phillip Swanepoel, pas terug vanaf St Andrews in Skotland waar hy so puik gespeel het tydens die groot student-toernooi het derde geëindig op 137.
ANDER TELLINGS:
Ethan Smith 139
Aidon Willemse 139
Karl Ochse 140
Anton Pieters 140
Keagan Thomas 141
Morne Janse van Vuuren 144
Jurian Mostert 145
Peter Willemse 145
Andre Ficks 145
WP Botha 145
Willie Olivier 148
David Barnard 148

Category: