Drie spanne nog onoorwonne in seniorsliga

Stellenbosch, Paarl en Langebaan is die onorwonne spanne na die derde ronde van die seniorsliga in die Boland. Die derde ronde is op Wellington gespeel.
Stellenbosch het ‘n oortuigende sege van 5-1 oor De Zalze behaal. Vir die Stellenbossers was Clive Wagner, Jackie Snyman, Dewald Botha, Stephen Loubser en Deon Joubert aan die wenkant. Francois le Roux het De Zalze se enigste sege behaal.
Wellington II het met 3-3 gelykop gespeel teen Langebaan. Vir die Wellingtonners het A Steenkamp, J du Toit en F Steenkamp oorwinnings behaal, terwyl Andre van Dyk, Jaco Visagie en Andre Gerber aan die wenkant was vir Langebaan.
Paarl was met 4.5 – 1.5 te sterk teen Devonvale.
Vir die Paarl-span het Riaan Olivier, Hennie Hamer, Jannie van Breda en Franz Lobhauer seges behaal, terwyl George Bezuidenhout gelykop gespeel het.
Vir Devonvale was Archie Steyn aan die wenkant en E Geldenhuys het gelykop gespeel.
Langebaan was met 4-2 te sterk teen Kleinmond.
Van Dyk, Visagie, Gerber en H. Boshoff het seges vir die Weskus-manne behaal, terwyl D Rossouw en A Ferreira hul wedstryde vir Kleinmond gewen het.

Hermanus was met 6-0 te sterk teen Worcester.

PUNTESTAND:
Volgorde: SPAN WEDSTRYDE WEN GELYKOP VERLOOR PUNTE VIR PUNTE TEEN LIGAPUNTE
AFD A
Stellenbosch 3 3 0 0 12,5 5,5 6
Wellington 1 2 2 0 0 9 3 4
Hermanus 3 1 0 2 10,5 7,5 2
Worcester 2 0 0 2 2 10 0
De Zalze 2 0 0 2 2 10 0
AFD B
Langebaan 3 2 1 0 10,5 7,5 5
Paarl 2 2 0 0 8,5 3,5 4
Kleinmond 3 1 0 2 9,5 8,5 2
Wellington 2 2 0 1 1 3,5 8,5 1
Devonvale 2 0 0 2 4 8 0

Category: