Groot name het al Ceres Ope gewen

Verskeie spelers wat hul merk as beroepspelers gemaak het, tel onder die wenners van die Ceres Ope - insluitende Justin Harding wat vanjaar die wereld aan die brand speel.
Boland se IPT-kaptein Karl Ochse sal as die gunsteling afslaan in die Ceres Ope wat môre gespeel word. Ochse se vorm is witwarm na sy puik sege verlede week tydens die Citrusdal Ope en boonop is die Ceres Ope ‘n gunsteling-toernooi vir Ochse want hy het dit reeds 3 keer gewen.
Die volgende spelers het die Ceres Ope die afgelope jare gewen:
2018 K Ochse 142
2017 T Davidowitz 144
2016 M Sheriff 139
2015 D Basson 141
2014 P de Villiers 145
2013 K Ochse 142
2012 M Mahoney 140
2011 K Ochse 139
2010 J Turner 132
2009 F Steyn 140
2008 J Harding 138
2007 O Strydom 138
2006 D vd Walt 140
2005 O Bekker 136
2004 O Strydom 139
2003 H Lombard 138
2002 D van der Merwe 143
2001 A Smit 140
2001 F van der Merwe 142

Category: