Hennie O'Kennedy 11de op SA Merietelys

Hennie O’Kennedy (Stellenbosch en Boland) het vanjaar getoon hy is ongetwyfeld een van die voorste amateurs in die land.
O’Kennedy het tydens die pas afgelope Sentraal-Gauteng Ope toernooi, wat op die Royal Johannesburg & Kensington-gholfbaan gespeel is, ‘n 5de plek behaal met ‘n telling van 280 – 8 houe minder as baansyfer.
Sy ronde-tellings was 72 70 70 68.
Met hierdie puik vertoning het O’Kennedy sy posisie op die SA Amateur Meriete-lys sterk verbeter en hy is nou in die 11de plek.
Dit was O’Kennedy se vierde keer vanjaar wat hy tydens ‘n groot provinsiale amateur-toernooi onder die top-10 was.
Hy was 5de tydens die Northern Ope; 2de tydens die Boland Ope; 6de tydens die WP Ope en nou 5de tydens die Sentraal Gauteng Ope.
O’Kennedy se Boland-spanmaat van De Zalze Philip Swanepoel was 25ste tydens die Sentraal Gauteng-Ope. Swanepoel se tellings was 73 70 74 73 vir ‘n totaal van 290.
Luan Boshoff (Stellenbosch) was in die 31ste posisie met ‘n telling van 298 (71 77 74 76).

Category: