Hermanus is Senior Kampioene

Dit was ‘n nek-aan-nek-stryd in die finaal van die Bolandse Seniorliga tussen Hermanus en Paarl. Die finaal is op Devonvale gespeel.
Nadat die wedstryde voltooi was, was die telling 3-3 en daar moes uitgespeel word.
Die ervare Dirk van der Merwe het die titel huistoe gebring vir Hermanus toe hy na die 3de uitspeel-putjie koning gekraai het.
WEDSTRYDUITSLAE (Hermanus eerste genoem).
Dave Bunn verloor teen Wikus Minnie 3/2
Lieb Louw klop JL Swart 1 voor
Desmond Sauls klop Hannes Louw 2/1
Michel Frost klop Jannie van Breda 1 voor
Adrian Kuiper verloor 2 af teen George Bezuidenhout
Dirk van der Merwe verloor teen Franz Lobhauer 8/6

Category: