Karl Ochse kook in Citrusdal Ope - 62 laat hom wen met 1 hou

Die kaptein van die Bolandse IPT-span en lid van die Stellenbosch-klub, Karl Ochse, het op Citrusdal gekook in die tweede ronde van die Citrusdal-Ope en ‘n telling van 62 behaal. Dit het hom ‘n naelskraap-sege van 1 hou gegee oor Keagan Thomas.
Ochse se ronde-tellings was 70 en 62 vir 132, terwyl Thomas 68 en 65 gespeel het vir 133. Hul Bolandse spanmaat Hennie O'Kennedy was in die 3de plek op 137.
Hierdie was Ochse laagste telling nog in Opoe-toernooi. In die 2de ronde het hy 2 arende en 5 voeltjies behaal.
Thomas en O'Kennedy gaan binnekort in die finale toernooi speel van die Sonskynreeks se Q School en hul rondes sal hulle selfvertroue versterk.

TELLINGS:

KARL OCHSE 70 62 132
KEAGEN THOMAS 68 65 133
HENNIE O’KENNEDY 68 69 137
CEDRIC ROOI 72 67 139
AIDON WILLEMSE 75 68 143
CORNEL MULLER 77 67 144
PETER WILLEMSE 69 75 144
DICK ROSS 71 76 147
BRENDAN SMITH 73 75 148
MARK MAHONEY 75 74 149
DEON COETZEE 76 74 150
KEANAN KEFFERS 76 74 150
LB BOSHOFF 77 74 151
ANGELO KEFFERS 82 71 153
BEN SMIT 78 75 153
CAMERON SOMERS 79 74 153

Category: