Lutzville kraai koning in Noordweste-liga

Die gholfspan van Lutzville het deurgedring tot die uitspeelstryd van die Bolandse Brodieliga nadat hulle die wenners was van die Noordweste-liga.
Bewens Lutzville het ook Clanwilliam, Xamarin en Lambertsbaai in die Noordweste-liga gespeel.
Die kaptein van Lutzville Johann Nieuwoudt sê hul sterkste teenstanders was Clanwilliam en op die einde van die dag was daar baie min verskil tussen die twee spanne.
Die vier spanne het teen mekaar op ‘n tuis-en-weg-basis gespeel en Lutzville het met 19 ligapunte geëindig – slegs 1 meer as Clanwilliam.
Lutzville speel in Augustus in die uitspreelronde teen die naaswenners van die Weskusliga in die Brodie-afdeling.
Op die foto is: Honne Mostert, Karel Jacobs, Bolla Brandt, Johann Nieuwoudt, Charles Cloete en Oubaas Kersop. (Pieter Joseph wat gereeld vir die span gespeel het is nie op die foto).

Category: