Pieters wen TWK se putjiespel-toernooi - baie lof vir formaat van spelers

Anton Pieters (Pearl Valley) is die afgelope naweek gekroon as die wenner van die TWK-putjiespeltoernooi. Hy het in die eindstryd vir Dirk van der Merwe geklop.
Die toernooi is die breinkind van WP Botha en Servaas de Kock en die formaat was as volg:
* altesame 32 spelers is genooi om deel te neem in die 4 onderskeie groepe;
* die spanne was onderskeidelik: IPT-groep; Mid-Am/Seniors: Platteland en kombinasie van o.19 en o.17 span;
* 36 putjies is in totaal gespeel;
* die eerste 18 putjies het uit ‘n kombinasie van houespel/putjiespel bestaan;
* elke speler in ‘n span het teen elke ander speler in die ander span gespeel – dit is gedoen deur 6 putjies teen elke speler te speel. Bv. Speler 1 het die eerste 6 putjies teen speler 2 gespeel; die tweede 6 putjies teen speler 3 en die laaste 6 putjies teen speler 4.
Die spelers is vir die middag-ronde ingedeel op grond van die posisie waarin hul geëindig het na die eerste 18 putjies.
Die top-groep het meegeding in die Cup-afdeling. Daar was ook ‘n Plaat-afdeling; Bowl-afdeling asook Shield-afdeleing.
In elke afdeling het die spelers putjiespel gespeel. Die eerste ronde was oor 6 putjies en as jy uitgeklop word was die toernooi vir jou verby.
In die finaal van die Cup-afdeling het Pieters vir Van der Merwe met 1 voor geklop.
In die semi-finaal van die Cup-afdeling het Pieters vir Ethan Smith gewen, terwyl Van der Merwe met Lauritz Laubscher afgereken het.
Philip Swanepoel het die Plaat-afdeling gewen toe hy vir Clement de Bruin in finaal geklop het.
Die Bowl-afdeling is gewen deur HP van der Merwe nadat hy vir Mark Mahoney geklop het.
Klaas Keffers het die Shield-afdeling gewen na sy sege in die finaal oor Tim Cullen.
Hoe “match play“ van houespel verskil kan duidelik gesien word as na Ethan Smith se ronde gekyk word. Ethan was 7 onder baansyfer oor die laaste 18 putjies, maar kon nie die putjiespeltoernooi wen nie – putjiespel skuif die grense baie anders as dié van houespel.
Dit is die eerste toernooi van sy soort wat nog in die Boland gehou is.
Botha en De Kock het gesê een van die aspekte van Boland se interprovinsiale spanne die afgelope jare was dat hulle nie “matchplay-fiks“ was vir die IPT-toernooie nie. Ook was die spanne “matchplay-verroes“ en dit het baie kere gebeur dat die Bolandse spanne op dag 1 van die IPT vasval en daarna nie weer kon inhaal nie.
Botha vertel: “Ek het altyd op TV gekyk na die 6'e toernooi op die Europese Toer, en het geglo ons sal dit kan implimenteer want hierdie formaat leer ‘n speler om vinnig uit die blokke te kom, wat noodsaaklik is in “match play“ om jou opponent onder druk te sit.
Hierdie toernooi is derhalwe geskoei op die 6’e-toernooi met ‘n paar aanpassings.
‘n Formule is ook gebruik sodat die spelers wat in hierdie toernooi gespeel het punte kan verdien op die onderskeie Boland Merietelyste.
Die organiseerders van die toernooi moet gelukgewens word vir hul iniasitief. Die spelers wat daaraan deelgeneem het was vol lof vir die iniasitief.

Category: