Senior Liga - Hermanus, Devonvale lyk na gunstelinge

Hermanus en Devonvale lyk na die gunstelinge om vanjaar gekroon te word as kampioene van die Bolandse senior liga. Beide spanne het bo-aan hul afdelings geëindig nadat die liga-rondtes afgehandel is.
Hermanus het vir Kleinmond met 4-2 verslaan.
Vir Hermanus het Andrew Philips, Desmond Sauls, Michel Frost en Adrian Kuiper seges behaal in die wedstryd teen Kleinmond.
Vir Kleinmond was Danie Rossouw en Frans Bruwer aan die wenkant (Bruwer het met Dirk van der Merwe van Hermanus afgereken op nommer 1).

DEVONVALE 4 LANGEBAAN 2

Devonvale was met 4-2 te sterk vir Langebaan. Nick Smit, Grant Stevenson, Riaan Olivier en Jorrie Jordaan het seges vir Devonvale behaal, terwyl Silvio Perez en Andre van Dyk vir Langebaan aan die wenkant was.

SEMI-FINALE

Die semifinale word eerskomende Saterdag in die Paarl gespeel.
Hermanus pak vir Wellington en Devonvale vir die Paarl.
Langebaan en Kleinmond sal op 24 November uitspeel om die 5de en 6de plekke.

Category: