Boland Golf Union:

Super Seniors IPT - EP too strong for Boland

The Boland Super Seniors was beaten by Eastern Province on day 3 of the SA Senior IPT Tournament at Pezula by 6.5- - 2.5.
RESULTS:
FOURSOMES:
Jackie Snyman and Deon Barnard beat Hermanus Potgieter and Willie Prins 3/1
Hennie Hamer and Ben Smit lost to Johnson Madikane and Frans Kana 2/1
Frans Bruwer and Ivan Palframan lost to Zolile Noana and Alan Glover 3/1
SINGLES
Barnard lost to Potgieter 5/4
Snyman lost to Prins 3/1
Smith beat Madikane 3/2
Hamer lost to Kana 3/2
Bruwer lost to Moana 5/4

Rooi wen Hermanus Ope na uitspeelstryd

Cedric Rooi van Montagu-klub het Sondag die Hermanus Ope gewen na ‘n uitspeelstryd teen Ryk van Schoor van Worcester.
Rooi het sterk teruggekom in die tweede ronde met ‘n telling van 67 vir ‘n totaal van 141. Van Schoor het deurgaans bestendig gespeel en tellings van 70 en 71 behaal.
OP DIE FOTO ONTVANG ROOI DIE BEKER VANAF MICHEL FROST WAT DIE HOOFBORG VAN DIE OPE, CHAS EVERITT, VERTEENWOORDIG HET.

TELLINGS:

Die manne gaan Boland se eer verdedig by SA Plattelandtoernooi

Die volgende spelers gaan die Boland verteenwoordig by die jaarlikse SA Platteland-toernooi wat vanjaar van 15 tot 19 Mei gaan plaasvind by SanLameer:
• Tyron Davidowitz -Hermanus;
• Dylan Jacobs – Darling;
• Lauritz Loubser – Montagu;
• Riaan Rooi – Riverside;
• Coenraad Swanepoel – Montagu;
• Kosie Conradie – Montagu;
• Anton Pieters - Pearl Valley;
• WP Botha – Devonvale.

Die spanbestuurder is Servaas de Kock.

Boland juniors begin dag 1 van SA IPT op skitterende wyse

Boland se junior gholfspan het op dag 1 van die SA IPT-toernooi geskitter en twee oortuigende seges behaal. Die Bolanders het vir Noord-Kaap met 11.5 teen 0.5 afgestof en daarna ook met 8.5 teen 3.5 afgereken met NoordWeste.

TELLINGS:

BOLAND 11.5 NOORD-KAAP 0.5 (Bolanders eerste genoem)
BEURTSPELLE

Alric Rooi kook vir Boland op Worcester

Die Bolandse o.14-span het hul goed van hul taak gekwyt tydens die interprovinsiale o.14-toernooi wat op Worcester gespeel is.
Die Bolanders het in ‘n verdienstelike 4de plek geëindig.
Die jong Alric Rooi was die Bolandse grootste individuele uitblinker en sy telling van 77 was ‘n puik vertoning. Rooi se telling was die beste van al die spelers.
Die Bolandse tellings was:
• Alric Rooi 40 37 77;
• Angelo Keffers 44 42 86;
• Hezron Frieslaar 37 49 86;
• Danny Wattrus 41 52 93;
• Janus Roberts 46 48 94;

SA IPT - dag 1: Bolanders val vas in enkels

Die Bolandse gholfspan het dag 1 van die SA IPT-toernooi nie begin soos hulle graag wil nie. In hul wedstryd op dag 1 het die Bolanders met 7.5 – 4.5 teen Suid-Kaap verloor.
In die beurtspelle het die Bolanders vinnig uit die blokke gekom en Philip Spies en Henri van Waart het gou-gou met 6/5 klaar gespeel met Ivan Williams en Franklin Manchrest.
Herman Loubser en Armandt Scholtz het (danksy ‘n skitterende voëltjie op die 18de putjie) daarna met Jovan Rebula en Cameron Moralee afgereken (1 voor).

Paarl is deur na Superliga-finaal

Die Paarl het deurgedring tot die finaal van die Superliga nadat hulle vir Westlake verslaan het en Stellenbosch nie oor die Milnerton-hekkie kon kom nie.
Die Paarl-span het ‘n uitstekende sege oor Westlake behaal, want die Westlake-span was die gunstelinge op hul tuisbaan.
Paarl se teenstanders in die finaal is Strand.
Stellenbosch was onoorwonne voor hul stryd teen Milnerton en was die Bolandse voorlopers, maar die Stellenbossers het vasgeval teen Milnerton.