Boland Golf Union: Aidon Willemse; SAGBD

Bolandse o.17-span toon groot belofte

Die Bolandse o.17-span het ‘n baie soliede vertoning gelewer tydens die driehoekige toernooi waaraan spanne van die WP asook Suid-Kaap deelgeneem het. O.19-spanne asook o.15-spanne van die drie provinsies was ook in aksie.
Die WP was die algehele wenner met 95 punte, gevolg deur Suid-Kaap met 80 met Boland in die derde plek op 41.
Mededinging tussen die drie provinsies was geweldig sterk in die o.17-afdeling en daar was min te kies tussen die spanne. Die Boland het 22 punte behaal, Suid-Kaap 23 en WP 27.

Spelers se veggees was fondament vir seniors-sege by IPT - kaptein

“Ons moes baie diep delf vir die sege by die SAIPT senior toernooi op Katberg en ek is baie trots op wat elke spanlid van die Boland vermag het, sê die Bolandse senior kaptein Archie Steyn.
“Nadat ons goeie seges oor die eerste twee dae van die toernooi behaal het, het ons die Donderdag ‘n rusdag gehad wat nogals in ons guns getel het, want ons kon toe rustig boeke-vat oor ons strategie vir die laaste dag van die toernooi.“

Boland o.15-span in 4de plek by Katberg-toernooi

Die Bolandse o.15-span het tydens die seshoekige toernooi by die Katberg-baan goeie tekens getoon van belofte en talent, maar effe tekort geskiet wat betref konstantheid van tellings.
Die Bolanders was in die spankompetisie in die gesamentlike 4de plek. Die toernooi is gewen deur die WP met Suid-Kaap in die tweede plek en Noord-Wes derde.
John Rabie was die top-speler onder die Bolandse o.15-span en was algeheel in die 10de plek met ‘n telling van 237 oor 54 putjies. Sy 9 putjie-rondetellings was: 38 39 38 43 39 40.

Scotland adventure for Aidon with new golf clubs

Playing golf in Scotland is special. But playing golf in Scotland with a new set of TaylorMade golf clubs is very special!
Aidon Willemse, junior golfer of Boland and pupil at De Villiers Graaff High School, was selected by the SA Golf Development Board (SAGDB) as one of two SAGBD players who will visit Scotland this coming school holidays as guests of the Scotland Golf Union.
Aidon will be playing in the Pro Am of the Scotland Open and will also attend the British Open at Carnoustie. He will also play other Scottish golf courses including the famous St Andrews.