Boland Golf Union; Andre van Dyk

Andre van Dyk skryf nog 'n senior ope-titel agter sy naam

Andre van Dyk (Langebaan en Boland) het die tweede been van die Suid-Kaap Senior toernooi-reeks gewen toe hy die Suid-Kaap Senior Ope oortuigend met 4 houe gewen het. Die toernooi is op die George-baan gespeel. Van Dyk se rondes was 67 en 70 vir ‘n totaal van 137 – 7 houe minder as baansyfer.
Tony Bailey en Francois le Roux (beide van De Zalze) was in die gesamentlike tweede plek op 141.

Andre van Dyk is koning in Sun City

Die Bolander Andre van Dyk het die afgelope naweek getoon hoekom hy as een van die beste senior spelers in Suid-Afrika beskou word toe hy die Senior Players Tournament by die Gary Player Buiteklub gewen het. Van Dyk se wentelling was 144.
Dit is die tweede keer dat Van Dyk hierdie prestige senior-toernooi kon wen – hy het dit ook reggekry in 2017.
Van Dyk (Langebaan) het rondes van 72 en 72 gespeel in hierdie toernooi. Hy het Schalk Naude wat tweede was met 4 houe geklop.
Die top- 50 senior amateurs word elke jaar na hierdie toernooi genooi.

Van Dyk skuif op na 4de plek op SA Senior Merietelys

Na sy sege in die SA Seniors Meesters-toernooi by die Gary Player Buiteklub is die Bolander Andre van Dyk nou in die 4de plek op die SA Senior Amateurs Merietelys. Voor sy sege was hy in die 8ste plek.
Van Dyk se wentelling oor 36 putjies was 152 (75,77).
Van Dyk (lid by Langebaan) sê die Gary Player-baan se ruveld was ongelooflik straf.