Boland Golf Union: SA IPT

Spanne vat mekaar vas in Seniorsliga

Die eerste ronde van die Boland Seniorliga was baie taai en in 3 van die 4 wedstryde was daar baie min te kies tussen die spanne.
Devonvale en Stellenbosch het 3-3 gelykop gespeel.
Clive Wagner en Jackie Snyman het die Stellenbossers aan die gang gekry met seges, maar daarna het Riaan Olivier, Nick Smit en Jorrie Jordaan die volgende drie wedstryde vir Devonvale gewen.
Peter van Coller het op nommer 1 vir Stellenbosch vir Archie Steyn geklop om die wedstrydtelling gelykop te bring.

Seniors-kampioene - D-dag vir Langebaan en Paarl

Die eindstryd van die Bolandse senior liga vind môre op Devonvale plaas wanneer die Paarl vir Langebaan pak.
Langebaan het deurgedring tot die eindstryd nadat hulle vir Stellenbosch in die semi-finaal geklop het, terwyl die Paarl vir Wellington verslaan het in die ander semi-finaal.
Die volgende manne pak mekaar in die enkels gedurende hierdie finaal (Paarl eerste genoem – vanaf no 6 tot no 1):
Hennie Hamer vs Andre Gerber
Riaan Olivier teen JD Pretorius
George Bezuidenhout vs S Morales-Perez
Jannie van Breda vs Mark Springer

Karl Ochse lei Boland by SA IPT vanjaar

‘n Nuwe kaptein en drie nuwelinge sal vanjaar die Boland-gholfunie se trots verteenwoordig by die SA IPT-toernooi. Die toernooi word in September op die Glendower-baan gespeel.
Die span is: Karl Ochse (kaptein), Philip Spies, Pierre de Villiers, Henri van Waart (almal van Stellenbosch), Armandt Scholtz, Daniel Mantel, Johann Germishuys (almal van De Zalze) en Herman Loubser (Theewaterskloof).
Die nuwelinge in die span is Van Waart, Mantel en Germishuys.