Tyran kraai koning by Bolandse Skolekampioenskappe

Tyran Snyders van Paarl Boys High was vandag eenvoudig te goed vir sy teenstanders tydens die Bolandse Skole Kampioenskapstoernooi. Snyders se wentelling was 68. Die toernooi is op die Paarl-baan gespeel.
Francois Cilliers (ook van Paarl HJS) was in die 2de plek met ‘n stewige telling van 70.
Keanan Keffers (De Villiers Graaff) was in die 3de plek op 72 (hy het gewen op ‘n uittel).
Verskeie spelers van De Villiers Graaff het goeie gholf tydens die toernooi gespeel. Keanan se jonger boet Angelo het ook ‘n 72 gespeel terwyl beide Aidon Willemse en Jurian Mostert ‘n telling van 73 op hul telkaart ingevul het. Danny Wattrus (ook van De Villiers Graaff) het ‘n 78 gespeel.
Eric Venter het die beste telling behaal van al die Curro-deelnemers met ‘n 76, terwyl Louis Loubser die beste van al PRG se spelers gevaar het met ‘n 77.
Hayden Morgan-Evans van Somerset-College was sy skool se uitblinker met ’n 77.
Sebastian Badenhorts van Parel Vallei het die beste telling ingevul van PV se deelnemers met ‘n 79, terwyl Lee-Quin Engelbrecht die beste gevaar het van Drostdy se spelers met ‘n 82.
Hermanus HS se beste speler was Francois Theron met ‘n 84. Brandon Groenwald was Worcester Gimnasium se beste speler met ’n 84.

Category: