Alric baas in junior toernooi na uitspeelstryd

- 23 February 2020

Alric Rooi was vandag met 'n telling van 72 die wenner van die Worcester Junior toernooi.
Maar Alric het dit nie maklik gehad nie, want die jong Auden Julies het ook 'n telling van 72 ingebring en hulle moes uitspeel. Alric het op die eerste uitspeel-putjie met 'n syfer gewen.
Die afdeling vir meisies is gewen deur Ashley Huysamen met 'n telling van 90.
Tellings:
o.19: Hezron Frieslaar 74, Keanan Keffers 75, Hayden Morgan-Evans 76.
Netto: Pieter Rossouw 79
o.17: Auden Julies 72, Angelo Keffers 73, JC Engelbrecht 78. Netto: Jade Josephs 76
o.15: Johandre Theron 85, Truvino Sauls 86, N Dippenaar 89. Netto: Lucenne Willemse 73.
o.13: Sergio Japhets 78, Alex Frankel 81, Rynhardt van Zyl 81. Netto: Booye Walters 71.
Alessia Goussard was die wenner van die stableford-afdeling met 28 punte.

Foto: Al die uitblinkers van die Worcester junior toernooi.

Boland Golf Union