Angelo Keffers puik in Theewaterskloof Junior Toernooi

- 20 October 2019

Angelo Keffers het vandag vuurwarm-gholf gespeel tydens die Theewaterskloof Junior toernooi en was die algehele wenner met ‘n telling van 69. Kim Boshoff (81) het die beste tellings van al die meisies aangeteken. Oor die algemeen was die tellings baie goed gewees en die jong Bolanders het gewys hulle kan puik gholf speel.
Tellings:
o.19: Hayden-Morgan Evans 71, Pieter Rossouw 71, Keanan Keffers 72. Beste netto: Cullen Timm 71
o.17: Danny Wattrus 73, Vian van der Westhuizen 75, Francois Theron 76. Beste netto: Jade Josephs 72
o.15: Jack Brugman 74, Auden Julies 74, George Botha 79. Beste netto: Anne-Isabel Scheltema 73
o.13: Tynan Vermeulen 74, Rico Wolmarans 82, Sergio Japhets 84. Beste netto: Danie van der Berg 67

Boland Golf Union; Boland-gholfunie