Bianca Lohbauer - top-speler met 'n wye visie oor loopbaan

- 02 November 2020

Die 24-jarige Bianca Lohbauer wat onlangs die Hermanus Ope met ’n skitter-telling van 66 gewen het (asook pas die vroue-klubkampioenskappe van die Paarl-klub) is nie net ’n top-gholfspeler nie – sy is ook akademies sterk en iemand wat op ’n jeugdige ouderdom reeds ’n breë uitkyk op die lewe het.
Nadat sy die afgelope vier jaar kollege-gholf in die VSA gespeel het, gaan sy terug na die VSA volgende jaar – maar haar eerste doelwit is om haar MBA-graad te behaal.
Hierso volg ’n onderhoud met hierdie oud-leerling van Paarl Gimnasium.
VRAAG: Ouderdom?
LOHBAUER: 24 jaar
VRAAG: Hoe oud was jy toe jy begin gholf speel het?
LOHBAUER: 14 jaar
VRAAG: Wie het jou geleer gespeel?
LOHBAUER Beide my ouers is goeie gholfers - so van 'n jong ouderdom af het ek junior-klinieke bygewoon maar wou net eers vir die pret speel. Ek het dit slegs gedurende vakansietye gedoen. My pa en ma was my afrigters toe ek net begin het om te speel. (Bianca se pa Franz is die afgelope paar jaar een van die top-senior gholfspelers in die Boland en was ook lid van die Bolandse Senior span die afgelope klompie jaar)
VRAAG: Het jy op skool gholf gespeel en indien wel - wat was jou beste prestasies?
LOHBAUER: Ja! Ek het eers begin toe ek 14 was en vir die skool se 2de span gespeel en vanaf graad 9 die 1ste span verteenwoordig. Ek het my eerste klub-kampioenskappe gewen in graad 9 en daarna nog 5 gewen. In graad 11 is ek vir die Suid-Afrikaanse Junior span gekies waar ons in Indonesië gaan speel het. Ek het ook die Boland-span verteenwoordig gedurende my hoërskool loopbaan.
VRAAG: Jy is die afgelope paar jaar in die VSA waar jy kollege gholf speel - het jou gholf baie verbeter daar?
LOHBAUER: Ja verseker! Dit was regtig die moeilikste en lekkerste 4 jaar van my lewe. Dit het my so baie geleer van determinasie en selfdissipline. Omdat ek ook in 'n kollege-span was is daar 9 ander meisies by wie jy kan leer en met wie jy op 'n daaglikse basis kompeteer. Ons is ook geleer hoe om effektief te oefen en daar was weeklikse asseserings gedoen oor jou persoonlike gholf spel en aspekte van jou spel waaraan gewerk moet word. Ons het ook baie lang ure geoefen, elke dag. 2-6 is normale span oefening maar daar is van jou verwag om langer te oefen.
VRAAG: Wie is jou afrigter daar?
LOHBAUER: Ek het daar 2 afrigters gehad, Bart Barnes en Randy Keck. Daar was ook een van die voormalige mans-span lede wat PGA gekwalifiseerd was vir wie ek ook raad gevra het.
VRAAG: Doen jy heelwat gimnasium-werk en spesifiek oefeninge wat jou help met gholf?
LOHBAEUR: Ek is mal oor oefen. Op die oomblik is ek nie meer so pligsgetrou soos op universiteit waar ons elke oggend 5 uur in die gym was nie, maar ek doen die nodige. Ek loop en hardloop en dan is dit baie balangrik om sterk bo-been en maagspiere te hê.
VRAAG: Wat meen jy is die sterkpunte van jou spel?
LOHBAUER: My afstand is definitief my top sterk punt. Vir 'n meisie slaan ek die bal baie ver, par 5's tel definitief in my guns want ek kan die meeste van die 5-syfer-putjies vir 2 opslaan. My chipping is ook goed - ek hou daarvan om allerhande houe uit te probeer rondom die setperke.
VRAAG: In die Hermanus Ope het jy gekook met 6 voëltjies en 'n arend - jou setstok moes sekerlik lekker "warm" gewees het?
LOHBAUER: Ek was baie tevrede met my spel, ek het die bal baie goed geslaan so ek het myself baie voëltjie kanse gegee en dan met n warm setstok kon ek baie putts maak. Ek het ook die par 5's benut en meeste vir 2 raakgeslaan.
VRAAG: In gholf is dit belangrik om 'n goeie "support base" te hê - jou ouers gee jou sekerlik baie goeie ondersteuning?
LOHBAUER: Ja, hulle doen verseker. Hulle is my heel grootste ondersteuners. Omdat hulle ook self gholf speel en die spel verstaan weet hulle waaroor kompeterende gholf gaan. Hulle is nog my hele loopbaan baie betrokke n swaak ronde het, is hulle saam met my teleurgesteld. Hulle plaas ook geen druk op my nie. My pa of my ma is ook gewoonlik op die sak as ek hier by die huis ’n toernooi speel, en die ander een sal saam loop. Albei verstaan ook my swaai en spel - so dit help as hulle caddie of saam met my oefen en raad gee.
VRAAG: Wat is jou doelwit in gholf vir 2021 en wat is jou lang-termyn doelwit.
LOHBAUER: Ongelukkig het ek my droom om professioneel te speel gedurende Covid19 opgegee. Ek kon dinge bietjie in perspektief sit en besef die lewe het 'n ander plan vir my. Ek is die einde van die jaar terug oppad VSA toe om my meesters (MBA) te voltooi in Georgia. Daar gaan ek die "Assistent Coach" wees vir beide die mans en vroue-span. Dit gee my die geleentheid om darem nog n rukkie by kollege-gholf betrokke te wees en saam met hulle na toernooie kan toer. Ek gaan ook oefeninge bywoon en saam met hulle sosiaal speel. Ek gaan sosiale golf in 2021 geniet. Gholf met geen druk en geen verwagtinge nie. Ek wil ook ’n positiewe invloed wees vir die meisies in die span, ek wil hulle motiveer waar ek kan want ek kan onthou hoe baie ek opgekyk het na die ouer meisies wat in my span was.
Ek het ’n "Bachelor's" graad in wiskundige wetenskap en ekonomie in die VSA behaal. Ek gaan nou ’n MBA meesters-program doen. Ek sien myself eendag in die "corporate" wêreld. Ek beplan om in ‘n finansiële rigting te werk. Ek hou van uitdagings en my werk moet my op my tone hou. Die finansiële sektor verander elke dag so daar sal verseker uitdagings wees. Ek was nou vir 6 jaar in Amerika, en is reg vir ’n verandering. My volgende skuif sal Europa toe wees. Eks mal oor Europe en al die ou stede.

Boland Golf Union; Bianca Lohbauer