Die Bolandse SAGDB-span is op die hakke van Sentraal-Gauteng tydens die SAGDB se spantoernooi vir unies wat gehou word op die baan van Royal Johannesburg en Kensington.
Die kompetisie-formaat is enkel-stableford en al die spelers speel vanaf ‘n nullo-voorgee.
In die individuele afdeling is Angelo Keffers in die 3de plek met 75 stableford-punte – sy telling was 3 onder baansyfer.
Crystal Beukes het ook blink vertoon en is in die 6de plek met 65 punte.
Alric Rooi is in die 8ste plek op 64 punte en Hezron Frieslaar 11de op 63 punte. Keanan Keffers is in die 11de plek op 61 punte.
Die laaste ronde word vandag gespeel.
FOTO VAN LINKS: Alric Rooi, Keanan Keffers, Auden Julies, Angelo Keffers, Crystal Beukes en Hezron Frieslaar.