Boland o.13-span doen waardevolle ondervinding op

- 11 October 2019

Die Bolandse o.13-span wat aan die Nomads SA o.13-spantoernooi op Devonvale deelgeneem het, het teen sterk kompetisie verdienstelik vertoon en in die 10de plek geëindig.
Die standaard van gholf was baie hoog en die wenner van die individuele afdeling Dujuan Snyman van N-Gauteng het ‘n telling van 210 behaal – 6 houe minder as baansyfer!
Die Bolanders se span het uit baie jong spelers bestaan en die ondervinding wat hulle opgedoen het, sal hulle beslis help om in komende toernooie nog beter te vaar.
Gerard Hartman (Stellenbosch) het die beste gevaar van die Bolanders met ‘n goeie telling van 232 (81, 76 en 75). Hy was in die 23ste plek in die individuele afdeling.
Ghery Rabie (Robertson) het tellings van 86 82 en 81 gespeel vir ‘n totaal van 249, terwyl Sergio Japhets (Riverside) tellings gespeel het van 88, 81 en 85 vir ‘n totaal van 254.
Rynhardt van Zyl (Stellenbosch) het tellings van 88 85 en 86 behaal vir ‘n totaal van 259 – dieselfde totaal wat Tynan Vermeulen (Stellenbosch) ook behaal het. Vermeulen se ronde-tellings was 89 86 en 84.
Rico Wolmarans (Stellenbosch) het tellings van 92 94 en 90 vir 276 gespeel.
FOTO: Die Bolandse o.13-span. Agter: Gerard Hartman, Rynhardt van Zyl, Sergio Japhets, Rico Wolmarans. Voor: Ghery Rabie, Gher Rabie (spanbestuurder), Tynan Vermeulen.

Boland Golf Union; Boland-gholfunie