BRODIE-LIGA: HIERDIE SPANNE VAT VOOR

- 29 June 2021

Kompetisie is soos altyd sterk in die gewilde Brodie-liga.
So staan sake tot dusver in die onderskeie streke van hierdie liga:
SENTRAAL I
Wellington lyk na die span wat geklop moet word en hulle is onoorwonne na 3 wedstryde. Worcester is ook goed geplaas met 2 seges uit 3 wedstryd en die ander ene was gelykop.
Die nuweling-span Pearl Valley het dadelik sy stempel afgedruk en is onoorwonne na 2 wedstryde.
In die Wellington is van die uitblinkers: E Petersen, J Williams, L Williams en C Benjamin.
A Crafford, S. le Roux, B. Fulton en G. Lourens is van die Worcester-manne wat stewig vertoon.
Pearl Valley lewer tot dusver ’n puik spanpoging en spelers soos Danie Raubenheimer, Theodore Turner en Ben Pieters vertoon sterk.
SENTRAAL II
Paarl II en Ceres is in hierdie afdeling die voorlopers met 5 ligapunte elk na 3 wedstryde (2 seges en 1 halveer).
OVERBERG
Die diepte van gholfspelers by die Kleinmond-klub word duidelik gewys deurdat twee spanne van Kleinmond onder die voorste spanne is. Kleinmond I is onoorwonne na 3 wedstryde, terwyl Kleinmond II in die 2de plek is met 2 seges uit 3 wedstryde. Ook Hermanus is nog sterk geplaas.
In die Kleinmond I span is daar staatmakers soos A. Ferreira en die Whitehead’s.
Hermanus het ook ervare spelers in Mikki Milne en Stephen van der Merwe.
VALLEIE
Net soos Kleinmond het die vertonings van Swellendam se gholfspelers gewys dat Swellendam oor baie gholf-diepte beskik. Swellendam I is die voorlopers met 5 ligapunte na 3 wedstryde en Swellendam II is in die tweede plek met 4 ligapunte na 2 wedstryde. Ook Montagu is nog sterk geplaas.
WESKUS
Die derde klub in die Boland wat met baie diepte speel in die Brodie-liga is Darling. Darling I is die voorloper in hierdie afdeling en is onoorwonne na 4 wedstryde. Hierdie span het baie sterk spelers soos Nicolaas Arendse, Lynville Mathyssen en Cheslin Samuels.
Darling II staan self sterk en het 6 ligapunte na 4 wedstryde. Spelers wat stewig vertoon sluit in Garth du Preez en Jean Koeglenberg.
Ook Moorreesburg het 6 ligapunte na 4 wedstryde.
NOORD-WESTE
In hierdie afdeling het Clanwilliam deurgedring na die volgende ronde.
Clanwilliam het 18 punte verdien na 12 wedstryde, met Lutzville kort op hul hakke met 17 punte.
Welgedaan aan die Clanwilliam-span!

Boland Golf Union