CERES: KLUB VAN DIE MAAND (4): Classic is groot hoogtepunt

- 14 July 2020

Die Ceres Classic word allerweë beskou as een van die groot sukses-gholfdae in die Boland.
In 1981 het die Ceresbestuur besluit om ‘n fondsinsamelingsdag te begin en te konsentreer om spelers van buite Ceres te kry. Op 6 April 1981 het die eerste een van hierdie dae begin en het bekend gestaan bekend as die Ceres Classic.
Die reëlingskomitee was mnre. J Bester, CN du Toit, dr E Smit en G du Toit snr.
Die inskrywingsfooi was R15 per speler wat die joggiefooi, balpot en ‘n middagete ingesluit het.
Die bestuurder van die Ceres-gholfklub, Gellies Gelderblom, sê: “Die Ceres Classic is die belangrikste dag op ons kalender. Danksy die fondse wat jaarliks ingesamel word met die Ceres Classic kon ons die klub laat groei op die pad van sukses.“
Die 39ste Classic word vanjaar aangebied op Vrydag 6 en Saterdag 7 November 2020.
“Charl du Toit is ‘n groot staatmaker by die klub en sy werk wat hy ingesit het by die Classic beteken ongelooflik baie vir die klub.“
“Hy was betrokke by die reëlings van 37 Classics. Hy is steeds aktief betrokke by die Gholfklub en was Klubkaptein 1979-1980, 1983, 2010-2011 en President 2012-2017.
“Die Klub se finansies is gesond en die Classic speel ‘n belangrike rol daarin. Ons kry ook heelwat besoekersgroepe wat ook baie help met die klub-inkomste.“
Ceres-gholfklub het tans altesame 284 lede: 136 - Manslede; 94 - Sesdaglede; 20 – vrouelede; 18 - Juniorlede en 16 - o.23-lede.

FOTO'S: Gary Player tydens 'n besoek aan die Ceres-gholfklub.

Boland Golf Union Ceres Open; Ceres Golf Club