Drie Bolanders lewer goeie vertonings by SA Vroue Amateur

- 21 February 2020

Drie Bolanders het baie goed gevaar by die AON SA Amateur Vroue-toernooi wat op die baan van Royal Johannesburg en Kensington-baan gespeel is.
Die 14-jarige Ineke Brynard (De Zalze) het tydens die SA Amateur Putjiespeltoernooi vir vroue deurgedring tot die eindstryd van die B-afdeling, waar sy in die finaal teen Ladina Semandeni van Switserland met 2-af verloor het.
Op pad na die eindstryd het Brynard gewys sy beskik oor ‘n sterk gholfbrein. In haar kwarteindstryd teen Elizabeth Lightley (Knysna) het sy mooi kop gehou en op die 21ste putjie die wedstryd beklink.
Die putjiespeltoernooi is vooraf gegaan deur 36 putjies houespel.
In die houespel was Ineke in die 39ste plek na tellings van 82 79 84 vir ‘n totaal van 245.
Megan Streicher (Swellendam) en Ineke se ouer suster Shani het na afloop van die houespel deurgedring na die A-afdeling van die putjiespel.
In die houespel het Streicher in die 10de plek geëindig na rondes van 76 73 77 vir ‘n totaal van 226.
Shani Brynard was 16de na tellings van 80 75 75 (230).
Beide Megan en Shani is uitgeskakel in die eerste ronde van die putjiespel-toernooi.
Streicher is tans die nommer 3-vrouespeler in Suid-Afrika asook die nommer 3 junior.
Shani is in die ope afdeling in die 29ste plek en is 12de op die merietelys vir juniors.
Ineke is 17de op die juniors se merietelys.

Foto: GolfRSA

Boland Golf Union
,
Ineke Brynard
,
Shani Brynard
,
Megan Streicher