Hezron begin 2020-seisoen met 'n knal

- 07 January 2020

Hezron Frieslaar van Wellington-klub het die 2020-gholfseisoen op ‘n baie hoë noot begin toe hy ‘n tweede plek behaal het by die Nomads Kustoernooi vir juniors op Mount Edgecombe.
Frieslaar het rondes van 68 73 en 70 gespeel vir ‘n totaal van 211 – slegs 1 hou agter die wenner Ayden Senger (Durbanville).
Frieslaar was die voorloper na twee rondes.
Alric Rooi (TWK) het ook goed gevaar en was in die 19de plek op 218 met tellings van 76 72 70.
Ander tellings van Boland-spelers:
• Angelo Keffers (TWK) - 66 ste plek 84 82 80 246
• Pieter Rossouw (Paarl) – 67 ste plek 83 87 78 248
• Danie Jooste (Stellenbosch) – 67 ste plek 81 80 87 248

Boland Golf Union