Janus lei Boland-aanslag tydens Bridge Fund Managers-toernooi

- 15 January 2020

Janus Roberts (Paarl) het kookwater-gholf gespeel tydens die Bridge Fund Manager Junior Toernooi op King David/Mowbray en was onder die top-10 met ‘n telling van 73 – sy ronde het 3 voëltjies ingesluit.
Jack Brugman (De Zalze) het ook goed gevaar met ‘n telling van 75.
Ander Bolanders se tellings was:
Timothy Simpson (Hermanus) 76, Keanan Keffers (TWK) 79, Danny Wattrus (TWK) 79, Francois Theron (Hermanus) 81, John Rabie (Robertson) 83, Hugo Pienaar (Lutzville) 83, James Joubert (Stellenbosch) 84, Kayla van der Merwe (Langebaan) 86.
In die onder 13-afdeling was Ghery Rabie (Robertson) op 81 in die 9de plek. Nathan van der Berg (Stellenbosch) het 92 gespeel.
Anna-Isabel Scheltema (Devonvale) het die C-afdeling gewen. Anna-Isabel het voortreflike gholf gespeel en altesame 39 individuele stableford-punte aangeteken om hierdie afdeling te wen.
• Tydens die Bridge Fund Managers Junior Toernooi wat vroeër vanjaar op Robertson gespeel is, het Keanan Keffers (TWK) ‘n derde plek behaal met 73.
Ander Boland-spelers wat goeie tellings aangeteken het, is Juan Engelbrecht (Pearl Valley) 74, Hugo Pienaar (Lutzville) 74, Jack Brugman (De Zalze) 74, Danny Wattrus (TWK), Shani Brynard (De Zalze), Ineke Brynard (De Zalze), Alric Rooi (TWK) en Pieter Rossouw (Paarl) het almal 75 gespeel.

FOTO: Anna-Isabel Scheltema ontvang haar wenprys.

Boland Golf Union