Paarl-klub behaal uitstekende "double" in liga-gholf

- 09 December 2019

Die Paarl-gholfklub kan met reg baie trots wees op hul liga-prestasies van 2019. Vir die eerste keer in die klub se geskiedenis (volgens die klub se rekords) het die Paarl-klub beide die Krugerbeker asook Brodiebeker in dieselfde jaar verower.
Die laaste keer wat Paarl die Krugerliga gewen het was in 2000 toe hulle die beker gedeel het met Worcester.
Die laaste keer wat Paarl die Brodie-beker gewen het was in 2009.
Vroeër jare was die Paarl ‘n groot krag in die Kruger-kompetisie en die Paarl-klub het tussen 1922 en 1937 die Krugerliga altesame 10 keer gewen.
Op die foto’s is die spanlede van die Kruger-liga en Brodie-liga:
KRUGERLIGA-SPAN: Van links na regs is HP van der Merwe, Luca Schwarte, Ethan Smith (kaptein) en Handro le Roux. Ander Krugerliga-spelers wat nie op die foto verskyn nie is WP Botha, Daniel Cronje, Liam Millard en Anton Pieters.
BRODIE-SPAN: Agter van links na regs: Marius de Bruyn, Gerrit Kuhn en JP Swanepoel. Voor: Renso Nel, Hennie Hamer, Irvin Kellerman (kaptein) en Bjorn van Oort. (Frans Theron wat ook vir hierdie span gespeel het is nie op die foto).

Boland Golf Union; Paarl Golf Club; Paarl-gholfklub