PROFIEL: Citrusdal Ope was deurbraak vir Peter Willemse

- 23 January 2020

Die 39-jarige Peter Willemse wat verlede Saterdag gekroon is as Citrusdal Ope-kampioen het ‘n lang en harde pad gestap in gholf. Hy het op Malmesbury as joggie begin en later by dieselfde klub 7 keer die klubkampioenskappe gewen.
VRAAG: Hoe oud was jy toe jy begin gholf speel het en waar was dit?
WILLEMSE: Ek was 14 jaar oud toe ons toegelaat was om te speel by die Malmesbury-gholfklub.
VRAAG: Hoe het dit gekom dat jy begin speel het?
WILLEMSE: Ek was ‘n golfjoggie by die Malmesbury-klub. Terwyl ek gewag het vir die speler wie se sak ek gedra het om by sy bal te kom, het ek gereeld maar so gestaan en gewaai en op hierdie manier myself geleer om te swaai. Ek het ook fyn geluister wanneer die spelers gepraat het hoe hulle ‘n spesifieke hou moes uitvoer asook wat hulle moes doen om sekere tipe van houe te vermy.
VRAAG: Van wanneer af is jy lid by Malmesbury-gholfklub?
WILLEMSE: 1995
VRAAG: Was jy ook lid by ander klubs?
WILLEMSE: Ek was tussen 2003 en 2005 ook by King David en Kuilsrivier lid.
VRAAG: Jy het ook al jou Boland-kleure verwerf in gholf. Vir watter spanne van die Boland het jy gespeel?
WILLEMSE: Ek het in 2004 en 2010 vir die Boland in die WKP-toernooi gespeel, en was lid van die Bolandse Platteland-span wat in 2011 en 2014 aan die SA Platteland-toernooi deelgeneem het.
VRAAG: Het jy al ander ope-toernooie in die Boland gewen?
WILLEMSE: Nee – my sege in die Citrusdal Ope was my eerste ope-titel.
VRAAG: Hoeveel keer het jy al Malmesbury se klubkampioenskappe gewen?
WILLEMSE - 7 keer
VRAAG: In die Citrusdal Ope - wat was die sterkpunte van jou spel?
WILLEMSE: My drywe was goed en my kortspel was ook ‘n sterkpunt.
VRAAG: Met watter stokke speel jy tans?
WILLEMSE: Taylormade M2 Drywer; Callaway XR Pro Ysters; Vokey Wedges 50° 54° en 60°; Taylormade Spider Tour setstok.
VRAAG: Wat is jou doelwitte vir hierdie jaar?
WILLEMSE: Om goed te doen in al die ope-toernooie en sodoende weer ‘n verteenwoordigende Bolandse span te maak.

Boland Golf Union