SA Junior IPT - jong Bolanders leer harde lesse

- 12 December 2019

Die A-afdeling van die SAIPT toernooi vir juniors is ‘n plek waar gholf van baie hoë gehalte gespeel word en die Bolandse junior span het beslis ‘n hele klompie lesse geleer. Vanjaar se IPT het op Oubaai plaasgevind.
Die Bolanders het al hul wedstryde klaar gespeel en kon ongelukkig nie een daarvan wen nie. Die toernooi eindig more.
Die Bolanders het vandag met 8-4 teen Noord-Gauteng verloor asook 10-2 teen Noord-Wes.
In die beurtspelle teen Noord-Gauteng het die Bolanders die botoon gevoer en na die beurtspelle met 3-1 voorgeloop. Hezron Frieslaar en Keanan Keffers het met 2 op gewen, Hayden Morgan-Evans en Timothy Daniels (met 1 op) was ook aan die wenkant, asook Jurian Mostert en Alric Rooi 1 op.
In die enkels het beide Frieslaar en Angelo Keffers daarin geslaag om hul wedstryde te halveer.
Teen Noord-Wes het Mostert en Rooi hul goeie vorm in die beurtspelle voortgesit toe hulle met 4/3 aan die wenkant was.
In die enkels teen Noord-Wes het Mostert die Bolanders se enigste punte ingebring met 'n sege van 2/1.
Die Bolanders is ‘n jong span en die ervaring wat hulle by vanjaar se toernooi opgedoen het, behoort baie vir die spelers vorentoe te beteken.

Boland Golf Union