SAIPT vir Juniors Dag 1

- 11 December 2019

Die Bolandse junior gholfspan het ‘n tawwe begin gehad by die SAIPT toernooi vir juniors op Oubaai en het beide wedstryde teen WP en Ekurhuleni verloor. In beide wedstryde was die tellings 8.5 – 3.5.
In hul wedstryd teen die WP het die Bolanders swaar getrek in die beurtspelle en was agter met 3-1. Jurian Mostert en Alric Rooi het ‘n blink vertoning in die beurtspelle gelewer en hul WP-teenstanders met 5/3 afgestof.
In die enkels teen die WP het die Bolanders in die begin sterk gestaan, maar op die einde was dit net Hezron Frieslaar (5/4) en Timothy Daniels (4/3) wat hul wedstryde gewen het, terwyl Haydn-Morgan Evans sy wedstryd halveer het.
In die wedstryd teen Ekurhuleni het Mostert en Rooi hul span se enigste punte in die beurtspelle verdien toe hulle die wedstryd halveer het.
In die enkels was Frieslaar (3/2), Daniels (4/2) en Morgan-Evans (3/2) aan die wenkant.

Boland Golf Union