Stellenbossers kraai koning in senior-liga

- 11 October 2019

Stellenbosch se senior span is die wenners van die 2019 Senior Liga in die Boland.
Die finaal is vandag op Devonvale gespeel tussen Stellenbosch en Hermanus en die uitslag was tot aan die einde op ‘n mespunt gebalanseer.
Nadat die enkels afhandel was, was die telling 3-3 en daar moet toe uitgespeel word.
Stellenbosch se no 1-speler Francois Hanekom het gewys hy is die man vir die groot oomblik toe hy met ‘n voëltjie op die 2de uitspeel-putjie gewen het en die Stellenbossers kon toe die silwerware terugvat na die Stellenbosch-klubhuis toe.
UITSLAE IN WEDSTRYD TUSSEN STELLENBOSCH EN HERMANUS (Stellenbossers eerste genoem)
Jackie Snyman klop Andrew Philip
Schalk Burger verloor teen Dave Johnston
Stephen Loubser klop Michel Frost
Dewald Botha verloor teen Des Sauls
Peter van Coller verloor teen Adrian Kuiper
Francois Hanekom klop Dirk van der Merwe
WEDSTRYD OM 3DE PLEK:
In die uitspeelstryd om die 3de plek het Devonvale gewen toe hulle De Zalze met 4-2 geklop het. Vir die wenspan het Paul Hayward, Grant Stevensen, Nick Steffen en Jorrie Jordaan seges behaal. Johan van Reenen en Francois le Roux was aan die wenkant vir De Zalze.
STRYD OM 5DE PLEK:
In die stryd om die 5de plek was Paarl heeltemal te sterk vir Langebaan en wen met 5-1.
Vir die Paarl is seges behaal deur Hennie Hamer, JL Swart, Jannie van Breda, Hannes Louw en Franz Lohbauer. Jaco Visagie het Langebaan se enigste sege behaal.
STRYD OM 7DE PLEK:
In die stryd om die 7de plek was die telling met 3-3 gelyk, maar Kleinmond is as wenner aangewys omrede hul totale ligapunte beter was as dié van Wellington.
Vir Kleinmond het Stefan Burger en Frans Bruwer gewen, terwyl Max Magnussen en Pieter Botha halveer het.
Vir Wellington het G Visser en H Solomon gewen, terwyl L Williams en F Steenkamp halveer het.

Boland Golf Union; Boland-gholfunie; Seniors League; Senior Liga